Man vasgekeer na voertuig boom tref

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Man het kritieke beserings opgedoen en paramedici het sowat twee ure gespook om hom uit die wrak te bevry nadat hy met ‘n afleweringsvoertuig teen ‘n boom gebots het in Kaapstad.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het kort voor middernag op die M13 naby Bellville plaasgevind. “ER24 en ander paramedici is na die toneel ontbied waar die kritiek beseerde man in die voertuig vasgekeer was.”

Meiring sê paramedici het meganiese toerusting gebruik om die wrak oop te sny. Dit het sowat twee ure geneem om die man te bevry. Hy sê paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere behandeling.

Meiring sê die ander twee insittendes is nie in die ongeluk beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.