Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het kort voor middernag op die M13 naby Bellville plaasgevind. “ER24 en ander paramedici is na die toneel ontbied waar die kritiek beseerde man in die voertuig vasgekeer was.”
Meiring sê paramedici het meganiese toerusting gebruik om die wrak oop te sny. Dit het sowat twee ure geneem om die man te bevry. Hy sê paramedici het mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas voor hy na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere behandeling.
Meiring sê die ander twee insittendes is nie in die ongeluk beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.