Man veg om lewe ná aanval op kleinhoewe

Jonty Jacobs. Foto: Facebook

ʼn Jong pa van Gauteng veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure twee keer op ʼn kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing in Pretoria geskiet is.

Jonty Jacobs (28) was saam met sy verloofde, Doreen Lubbe, en sy sesjarige dogtertjie in die huis toe die voorval gebeur het.

Lubbe was Woensdagoggend baie emosioneel toe sy met Maroela Media gepraat het. “Hy veg om sy lewe omdat hy ons beskerm het,” het sy gesê.

Die presiese gebeure tydens die aanval is egter nog skraps. Danie Jacobs, Jonty se pa, het aan Maroela Media gesê hy het omstreeks 02:30 ʼn oproep van Jonty gekry wat vir hom gesê het daar is onbekende mense op die kleinhoewe.

“Hy het my gebel en gesê ek moet dringend kom, want daar is klaar mense in die huis óf hulle is besig om te probeer om in die huis in te kom,” het Jacobs vertel. Hy het dadelik in sy voertuig gespring en na die kleinhoewe gejaag.

In hierdie tyd het Jonty egter die aanvallers teëgekom en is hy twee keer in sy bolyf geskiet. “Ek is nog nie seker wat presies gebeur het nie. Ek weet nie of hy hom in die huis in die aanvallers vasgeloop het of wat nie,” sê Jacobs. “Doreen het vertel sy kon uit die kamer Jonty se stem hoor wat sê: ‘Vat net wat julle wil, asseblief. Moet ons net nie seermaak nie.’ En toe klap die skote.”

Jonty Jacobs en sy verloofde, Doreen Lubbe. Foto: Facebook

Volgens Jacobs het die aanvallers met onder meer selfone en ʼn televisie van die toneel gevlug.

Lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF) was eerste op die toneel en Jacobs enkele oomblikke later. Kort daarna was die SAPD ook daar en Jonty is na ʼn hospitaal gehaas.

Hy word tans in die hoësorgeenheid van die Steve Biko- Akademiese hospitaal behandel. Jacobs sê een van die koeëls het deur Jonty se longe gegaan, wat erge inwendige bloeding veroorsaak het. Die tweede koeël het in sy bolyf agtergebly.

“Hy is tans verlam in sy onderlyf, so dit lyk of die koeël dalk in een van sy werwels vassit. Die dokters kan vir nou niks doen nie. Daar is ʼn pypie in sy longe om die bloed uit sy longe te dreineer. Hulle het verskriklik gesukkel om hom gestabiliseer te kry, maar die afgelope uur lyk dit of die verdowing ingeskop het en hy is nou baie rustiger. Ons sal so bietjie later meer weet oor sy toestand.”

Jacobs het bevestig Jonty se dogter en Lubbe is ongedeerd, maar erg getraumatiseerd. Die GPF het reeds berading vir die kind gereël en daar word tans na haar omgesien terwyl Lubbe en ander familielede by die hospitaal is.

Marie Kruger, voorsitter van die plaaslike GPF, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar wou nie meer inligting verskaf nie. Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Liezl ·

Dit is hartverskeurend, siestog man, ek ken julle nie, maar ek sal bid en glo dat Jesus ‘n wonderwerk sal laat gebeur. Ek vra nou dat Jesus Sy hand oor Jonty hou en hom sal genees. Dankie Vader dat U nou by Hom is en hom rustig maak. Ons vra vir volkome herstel. Sterkte aan die familie!

Sonja ·

Doreen.
Baie sterkte vi jul familie. Jul is in ons gebede. Mag di Here Sy Hand oor jul hou

Sussie ·

Ag nee man!!!!! O HERE ons bid dat u die jong man sal bewaar en hom terug gee aan sy geliefdes. AMEN

Charmaine ·

Baie sterkte aan die jongman en sy familie. So moet onskuldige mense deur die duiwel aangeval word onskuldig my hart gaan uit na elke plaasaanval wat was en gebeur ????

Warcrimes ·

Kla die regering by die internasionale war crimes tribunaal aan want hulle voer ‘n baie onregverdige oorlog teen ons sonder om dit openlik te verklaar. As hulle offisieel oorlog teen ons verklaar dan mag ons ten minste onsself verdedig.

Agree ·

Warcrimes ek stem saam. Ons leef in oorlog, ons besef dit net nie. Al vir jare.

willie ·

warcrimes…jy het die reg om jouself te beskerm! Wat jy NIE het nie is die ‘reg’ om jouself daarna te verdedig in n ‘onpartydige’ hof, die versekering dat jou eiendom nie afgebrand sal word nie en dat jou familie daarna veilig sal wees nie. Jungle justice het ek dwars oor Africa beleef en gesien dat howe en polisie wat moet bekerm eenvoudign net hul rug draai op werklike feite en eenvoudig beslisings maak op hoorse getuienisse en aan watter ‘tribe’ jy behoort.

Leo ·

Ja wat is ‘n lewe deesdae werd?? 2 selfone en ‘n TV???

Dit is so tragies.. Net nog ‘n dag, nog ‘n slagoffer, nog ‘n statistiek………….

Theresa B ·

Mag die Here sy hand oor jou hou en mag jy volkome herstel. Baie sterkte.
Hierdie goed is SO onnodig. Hierdie booswigte kom van Mamelodi af. Dis ‘n nes daar. Hulle loop en oor na die hoewes toe………………………………….

Chris Ws ·

Sterkte aan die familie van die jong man en ons dra hom op aan ons Almagtige Vader vir wonderbaarlike genesing!
Maroela Media gaan lank wag vir kommentaar van die polisie want hulle is nie geintreseerd in hul werk nie.Kyk hoe “monitor” hulle situasies terwyl betogers links en regs die wette oortree sonder om ‘n vinger te lig om ander landsburgers se regte te beskerm wat deur die betogers vertrap word.Nee wat die polisie beteken niks in die’ land nie.

honourable member ·

Daar gaan nou nie n dag verby wat mense nie in hulle huise aangeval word nie en hierdie patetiese regering doen en se niks. Ek wonder altyd as dit anderste om was wat sou gebeur het want ek is baie seker hulle sou baie vinnig iets gedoen het, maar soos dinge nou lyk is n wit persoon se lewe nie belangrik nie.

Andre ·

Laat die Regering niks doen nie, is waar. Dat die blankes niks doen nie behalwe “keyboard – soldaatjies” te wees op MM en FB, is baie erger.

Erick ·

Elke aksie het ‘n gelyke en dienooreenkomstige reaksie. Dit voel vir my asof ‘n Hoër hand die reaksie weerhou wat my tot die gevolgtrekking laat kom het dat dit wat Hy tot stand laat kom het hier Hy weer wil tot niet wil maak, vir watse rede ookal.
Daarom die rede dat ons moet gaan, net soos ons voorouers hulle huise en lande verlaat het dekades en eeue terug. Red julle lewens.

Estelle ·

Ek sal dit in ñ oogwink doen. Maar watter land sal my wil hê. Ek en my man is albei in ons vroeë 40’s. Ons het geen spaargeld nie, my man is na 20jr in die suiwelbedryf afgelê omdat die maatskappy bankrot is. Hy het 2 BSc grade en werk nou vir ñ derde van die salaris as wat hy 2 jaar terug verdien het. Die lang tyd tussen aflegging en genadiglik iets kry om salaris te verdien het ons finansies tot op die been afgekrap. Ons het 2 kinders onder 13, en smag na ñ veilige land waarin hul kan grootword. Maar watter land sal ons met R30 in die bank en ñ vlenter ou kar vat? Ek pak in ñ oogwink my lewe hier op en vlug… maar ons vlerke is geknip. Net die rykste onder die rykes sal geleentheid kry om te vlug. Vir ons wat nog kan en WIL werk, van onder af sal begin weer is daar nie ñ kans vir vlug nie.

Targeted ·

Dit voel of daar ‘n target op ons almal se rug is en ons amper moet sit en wag vir ons beurt om aangeval of vermoor te word.Dit voel of ons maarnet veg met woorde maar daar niks van kom nie.Beteken AfriForum daadwerklik iets?Bring hulle daadwerklik verandering?Op papier probeer hulle maar dit red nie mense van wrede aanvalle nie.Daar is tekens van soveel verontregting teenoor ons en vinnige en daadwerklike vervolgings met straf en gevolge, maar die wat loop en moor en martel kom weg daarmee.Noem my negatief maar ek is baie bly ek het nie kinders in hierdie land nie.-JONTY EN GESIN! Baie sterkte.Mag jy volkome herstel!! Ons bid dit vir jou.

MCS ·

Dis in sulke omstandighede waar die staat direk verantwoordelik gehou moet word vir die beste moontlike hospitaal en dokters onkostes. Nou moet die man in ‘n staatshospitaal lê waar daar ook geen behoorlike sorg is nie. Hier word weereens ‘n persoon gefaal omdat die regering nie pa wil staan om hierdie aanvalle stop te sit nie. SA is so vrot dat net die Here alleen hier n verskil kan maak.

Magriet ·

MCS hy is in goeie hande by Steve Bhiko hospitaal. Die ICU daar is uitstekend. Hul drs wat daar in ICU werk weet wat hul doen. En die susters is ook goed opgelei. Hul is net so goed soos private hospitaal. Ek glo dat Hy beste behandeling daar sal kry. Ons kan net vir hom bly bid.

Tanzie ·

@Magriet. Ek sal liewer alles wat ek reeds getik het uitvee en oor tik…. Werk jy self by die hospitaal want indien jy nie self daar werk nie, weet jy niks!!

GM ·

Begin hul nou meer en meer die jongmense te ‘target’ sodat daar dan niemand oorbly om die vroue en kinders te beskerm nie? Klomp lafaards. Ek wens ons almal wat so ongewensd is, kon die land verlaat en oor so paar jaar kom loer wat oorgebly het van S.A.
Sterkte aan jou en jou naasbestaandes, ek hoop jy herstel gou. Die arme dogtertjie, sy verdien nie om sulke goed te sien nie, geen mens doen nie.

LV ·

Magriet is reg. Steve Biko se ICU is puik. Ons het van die beste spesialiste onder die dokters en verpleegsters wat daar werk. Jonty is in goeie hande

mari-Lize ·

My hart breek …. ek het nie woorde nie, elke liewe dag sien ons die goed in die nuus! Wanneer hou dit ooit op!! :(

Ek ·

Weet enige een of dit in Kameeldrift Oos of Kameeldrift Wes gebeur het asb

Snip Joburg ·

Waar is ons DA leiers? Nee vinnig genoeg Om medelye met ANC uittespreek oor hulle lid wat vermoor is maar nooit nwoorde oor ons mense ni, of is Ek verkeerd. My Hart bloei Vir Al ons slagoffers. My kinders Bly ook op n kleinhoewe en Ek Kan net aamhoudend bid Vir almal wat sulke sagte teikens is. Sterkte San almal wat deur hierdi seer Moet Gaan, ons almal rou Saam met julle.

lizelle ·

Dit is so hartseer dat so jong familie deur dit moet gaan. Sal nie verbaas wees dat die skuldiges dalk van die plakkerslamp agter polisie stasie is nie.

Mag die hand van ons almatige skepper sy genesing aan die jongman bring

die wit wolf ·

As jonty maar n’ wettige wapeneienaar was- Dan het hierdie verhaal n’ heel ander opskrif gehad! Hoe kan men’s jouself en jou gesin verdedig en beskerm met lee hande? Deesdae maak mense te veel staat op selfone en hulp van ander! Kry opleiding en n’ wapen – jy is altyd jou eie “first responder”

HELLgard ·

Net so. N ongewapende witman in die land is n dooie witman

Francois ·

Hierdie is nie net misdaad nie.
Dit is n oorlog teen onskuldige siviele mense.
Ons is in n oorlog.

Francois ·

Francois, jou naamgenoot stem 100 % saam. Ek weet nie hoeveel lesers hier het in die 70′-80’s in die Noorde van SWA gewoon nie. Daardie tyd met die insypeling en gereelde terreur aanvalle deur “insurgente” veral op plase, is imo bitter naby aan die situasie wat die plase hulle nou in RSA bevind. Die plase in SWA noorde het hulle self so ingegrawe (letterlik) met skuilings, ondergrondse veiligheidskamers, diefwerings, veiligheids hekke, elektriese heinings, wag honde, veiligheidsligte, boere-reaksie eenehde, radio verbinding met elke boer en met die naaste weermag basis ens.ens

Natuurlik kan ons boer in RSA nie op die plaaslike weermagbasis staatmaak nie want dit is n ‘ander oorlog’ wat julle in is, maar die basiese beginsels van terreur-oorlogvoering deur die ‘insurgente is presies dieselfde. Daar kan wel boer reaksie eenhede gestig word onder mekaar, en die veiligheids aspekte van elke plaas is to sekerlik elke eienaar se eie verantwoordelikheid. Dit sluit in bewpening en opleiding om die wapens op hande deeglik en veilig en verantwoordelik kan gebruik deur die HELE GESIN!
Dit wil net vir my voorkom, en dis my opinie alleen, asof die meerderheid keinhoef / plaas eienaars in RSA nog nie regtig die erns van die hele situasie waarin hul hulself begewe regtig besef nie. DIs insurgent /. terreur oorlog teen jou en jou gesin my broer, word on Vadersnaam wakker en gaan tot veiligheids / selfbeskermsaksie oor met jou mede grondeienaars voordat ons more van jou of jou vrou en kinders hier lees….WAKE UP !!!

AJ ·

Verdedig jou SELF!

Die regering is jou (Witmens) se grootste (enigste ?) vyand.

Deur die strafregstelsel doelbewus te “verlam” slaag die regering daarin om Wittes uit te roei sonder om openlik “oorlog te verklaar”.

Theresa ·

Hoop die vieslike kriminele word gevang.
Poging tot moord.

Sterkte aan Jonty en ook sy familielede wat hom moet bystaan. Hoop hy herstel baie gou en volkome.
Ja, ek glo ook al geruime tyd dat hier ‘n oorlog in die land woed wat bloot nie verklaar word nie. Dit “bind” die hande van iemand om soos in oorlog tyd jouself te verdedig.

Bra lafhartig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.