Man veg om sy lewe ná bye hom takel

(Emer-G-Med)

Twee mans, tussen 30 en 35 jaar oud, is beseer ná ʼn swerm bye hulle Dinsdag getakel het.

Emer-G-Med-paramedici is na die toneel in Cosmo City in Roodepoort ontbied. Een man het meer as 100 bysteke opgedoen en hy was in ʼn kritieke toestand. Gevorderde ingryping moes gedoen word om hom te stabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem kon word.

Die tweede man het slegs sowat 10 bysteke opgedoen en hy is op die toneel gestabiliseer en ook na ʼn hospitaal geneem.

Volgens berigte van die toneel het die eerste man verby die korf gestap toe die bye hom skielik getakel het. Die tweede man het hom te hulp gesnel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.