Man veg vir sy lewe ná duikongeluk by swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 41-jarige man veg om sy lewe in ʼn Durbanse hospitaal ná ʼn fratsongeluk Donderdagmiddag by ʼn swembad in Effingham, in die noorde van die stad.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê nooddienste is omstreeks 17:00 na die Firwood- munisipale swembad ontbied.

“Die man het na bewering in die swembad ingeduik en sy kop teen die bodem van die swembad gestamp. Lewensredders het besef die man is in die moeilikheid en het hom uit die water gehaal en in die herstelposisie geplaas terwyl hulp ontbied is.”

Marshall Security se mediese bystandeenheid asook Crisis Medical en Netcare 911 het die man op die toneel bygestaan.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is vir moontlike ruggraatbeserings behandel. “Sy toestand was kritiek en hy is op ʼn draagbare ventilator geplaas om hom te help asemhaal. Hy is op ʼn spesiale draagbaar geplaas en na ʼn gespesialiseerde hospitaal in Durban geneem vir mediese behandeling,” het Botha gesê.

Volgens Van Reenen is die man in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die King Edward VII-hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karen ·

LEWENSREDDERS het hom uit die water gehaal, en in die HERSTELPOSISIE geplaas totdat HULP opgedaag het? Moes hul nie begin kyk het vir asemhaling/pols/ressus nie?

Hendrik ·

dit alles word moontlik bedoel met die HERSTELPOSISIE. ek weet nie

Willie ·

In die eerste plek moes hulle hom nie in die herstel posisie gesit het as hulle gesien het hy het in die bodem vas geduik nie. Hulle moes dadelik nek of rug beseering vermoed het en hom daarvolgens behandel.

Chris ·

Ek glo hulle het die nodige opleiding en sou dit reg hanteer het.

Brie-brie ·

“Gespesiale draagbaar en gespesialiseerde hospitaal”. Nou wat is die verskil van die hospitaal en gewone hospitaal. Wonder maar net…..

Boetman ·

Dank Vader vir ‘n gespesialiseerde hospitaal waar sy behandeling voorop gestel word – buite bereik van die Netcare geld-grypers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.