Man veg vir sy lewe ná giftige slangbyt

Netcare 911 (Foto: Verskaf)

ʼn Vyf-en-dertigjarige man veg vir sy lewe nadat hy langs die Hartebeesspruit-rivier in Kameeldrift deur ʼn rinkhals op die knie gepik is.

Die man het vroeg Maandagoggend langs die rivier gaan stap toe hy skielik ʼn skerp pyn in sy knie gevoel het. Hy het die slang gewaar en besef hy is gepik.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Maandagoggend omstreeks 01:55 ontbied na berigte dat ʼn man deur ʼn giftige slang gepik is.

Met die paramedici se aankoms op die toneel was die man reeds in ʼn ernstige toestand. “Hy het baie swaar asem gehaal. Paramedici het hom aan ʼn ventilator gekoppel en met behandeling begin,” vertel Herbst.

Die man is gestabiliseer en met ʼn ambulans na die naaste hospitaal gehaas vir verdere mediese sorg.

Herbst sê die man is tans stabiel, maar steeds in ʼn ernstige toestand in die intensiewe sorgeenheid. “Hy is steeds aan ʼn ventilator gekoppel en sukkel om asem te haal.”

Herbst sê die meeste slangbyte kom in KwaZulu-Natal voor waar twee tot drie slangbyte per dag aangemeld word.

“Mense moet dié tyd van die jaar veral paraat wees vir slange. As jy in die aand gaan stap, loop met ʼn flits of lampie. Trek ook eerder lang sokkies, stewels of langbroeke aan wanneer jy in die bosse gaan stap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lou ·

Nou hoekom sou enige iemand 01:00 in die oggend langs ‘n rivier gaan stap?
Ek byt bietjie moeilik aan die stelling dat slange se gif in die somer giftiger is as in die winter.
Slange is baie meer aktief in die somer daarom is daar meer slangbyt gevalle maar ek dink die gif bly maar ewe sterk of dit nou koud of warm is. Dalk kan Johan Marais of Mike Perry of een van die slang kenners ons inlig.

Patch ·

Die seisoene en gif sterkte stelling maak ook nie vir my sin nie.

Jennefer ·

Dit kan dalk wees, slange vreet nie in die winter en maak dan nie gif aan om sy prooi te vang nie.

Lizzy ·

Toxin levels in venom vary from year to year and season to season, but typically venom is weaker in winter and stronger in summer because snakes are more active, fighting for food and territory. We really don’t know why the venom is becoming increasingly potent. Some speculate that with the modern world encroaching on nature it could be survival of the fittest. Perhaps only the strongest, most venomous snakes survive.

wielie ·

Vir die ander slang slagoffer is allergex en Voltaren gegee …. die man is in intensief. Hoe werk dit? Waaaaar gaan alles heen?

Tiaan ·

Vals informasie. Slange se gif en vlak van giftigheid is dieselfde deur winter en somer. Dus is n pas gebore slang net so gifting soos sy ma maar het net gif in minder hoeveelheid as sy ma. Maar druppel vir druppel is sy gif net so gifting. Lang Stokkies gaan jou ook niks help teen n slang but nie. Asook slange kan deur n lang broek byt. Maar jou kans om op die pad in n voertuig te ver ongelukkig is Baie hoer as n slangbyt

Liam ·

Some facts in this article that were given by the Paramedic are very incorrect. Snake venom does not vary in toxicity during different seasons. Nor do they store up venom over the winter months. Snakes are able to generate venom relatively quickly and do not store it for periods long periods of time such as those between seasons.

Blommie ·

Ek verstaan NIE hoekom die paramedici NIE die nodige toegang het tot teen behandeling NIE.
Veral omdat ons almal weet dat jy met n giftige slang tussen 20 – 40min het om te oorleef.
Hulle moet sommer saamvat, dit toedien en die persoon dan vat na die naaste hospitaal.
Maar wys net weer hoe min n mens se lewe werd is en watse rol geld speel.

Sumanda ·

Blommie,
Hier is inligting rondom behandeling van slangbyte soos versoek.
1. In absolute rare gevalle is ‘n slangbyt dodelik binne 40 minute.
2. Suider-Afrika het 173 verskillende slangsoorte, waarvan 72 geen gif het nie. 29 van hulle kan pynlike byte toedien en 20 spesies word as potensieël dodelik beskou.
3. Selfs dodelike slange gee droë byte – dus geen gif word toegedien nie.
4. Slegs 15% van gehospitaliseerde slangbyt pasiente het teengif nodig.
5. Teengif kan slegs deur ‘n dokter toegedien word aangesien daar ‘n moontlikheid van allergiese reaksie is.
Indien jy meer inligting nodig het gaan gerus na African Snakebite Institute se webblad vir die korrekte inligting.

Jennefer ·

Ry eerder na jou naaste veearts, die kans is goed dat hy teengif het.

Blommie ·

Sumanda.
Ek hoor wat jy se en jy is reg…
Daagliks word daar 3 slangbuit gevalle in die Kwazulu-Natal aangemeld.
Was jy al in ander gedeeltes an die land waar daar baie meer bos, meer slange en minder dokters is. wat jy grondpaaie vir kms moet ry…
Statestieke in die land isn bitter min akkuraat en dis wel so van n allergiese reaksie. Hoekom kan ons land nie eerder die nodige voorsorg tref eerder as om te se (maar)!
Ons praat van mense se lewens, Noodgevalle wat dadelik aandig moet geniet en nie elke keer n rede gee hoekom daar nie so opgetree kan word nie.
Punt bly staan as jy op n plaas gepik word en 40min moet ry tot by die dokter (Ongeag jy self of medicare jy vat, is jou kanse minder op oorlewing as wat jy die teengif op aankoms ontvang! Se net ons land kan alle nonsens uitding om geld te bele, maar nood is daar altyd ja maar die en daai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.