Man verdrink aan KZN suidkus

Glenmore-strand waar die man verdrink het. Foto: Netcare 911

Glenmore-strand waar die man verdrink het. Foto: Netcare 911

ʼn Man het Woensdagmiddag in die see by die Glenmore-strand naby Port Edward aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is deur verteenwoordigers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en omstander uit die water gehaal voordat mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas is.

Volgens Botha het paramedici met hul aankoms op die toneel by die omstanders oorgeneem, maar sonder sukses. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.