Man verdrink by Albert Falls-dam

Watervalle by Albert Falls-dam Foto: http://www.carpfishingsouthafrica.co.za/

Watervalle by Albert Falls-dam Foto: http://www.carpfishingsouthafrica.co.za/

ʼn Man het Sondagmiddag by die Albert-valle by Albert Falls-dam in KwaZulu-Natal verdrink.

“’n Groep vriende het glo by die watervalle geswem toe die man van ʼn hoogte af in die water gespring het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het egter nie weer opgekom nie.”

Paramedici en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soek- en reddingspan is na die toneel ontbied toe die man nie in die water gevind kon word nie. “Die soektog het ongeveer twee ure lank geduur voor polisiebeamptes sy liggaam gevind het. Paramedici kon ongelukkig niks meer vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Indien jy nie ‘n watergat ken nie spring jy nie van ‘n hoë plek af nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.