Man verdrink by Kampsbaai

Kampsbaai-getypoel (Foto: Sune van Heerden, Maroela Media)

Kampsbaai-getypoel (Foto: Sune van Heerden, Maroela Media)

ʼn 37-jarige man het Donderdagoggend op ʼn strand in Kampsbaai in die Wes-Kaap verdrink.

“Wetstoepassers was reeds besig om KPR op die pasiënt toe te pas toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die paramedice het by hulle oorgeneem, maar die pasiënt het geen tekens van lewe getoon nie.”

Die man is kort daarna dood verklaar op die toneel.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Eyewitness news berig die man het in die getypoel verdrink en was glo ʼn gereelde swemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ken ·

So tragies. Een van die greatste mense wat ek geken het. Rest in peace old friend!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.