Man verdrink by Kenton-on-Sea

Kenton on Sea (Foto: kenton.co.za via NSRI)

ʼn Man, in sy 20’s, het Sondag in die Karigariviermond, by Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap, verdrink.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die man het onder die water verdwyn toe hy oor die riviviermond wou swem om die rivier oor te steek.

“NSRI Port Alfred is omstreeks 16:40 na die toneel ontbied ná berigte deur die polisie van ʼn verdrinking,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Lewensredders was reeds op soek na die plaaslike man toe die NSRI en paramedici by die toneel opgedaag het. “Reddingswemmers het by die lewensredders aangesluit en die man se liggaam is onder die water gevind. Die man is ongelukkig op die toneel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.