Man verdrink by La Lucia

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn 25-jarige man het Sondagmiddag vermoedelik by La Lucia-strand, noord van Durban in KwaZulu-Natal, verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel ontbied. “ʼn 25-jarige man het saam met sy vriende geswem toe hy in ʼn systroom meegesleur is.”

Lewensredders van Umhlanga het dadelik reageer en die gebied deursoek, maar daar was geen teken van die vermiste man nie. “Daar word tans vermoed dat hy verdrink het.”

Alle betrokke owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Waarskynlik is dit nie algemene kennis nie en ek sou daarvan hou as dit op strande gepropageer word want dit is lewens noodsaaklike kennis om te hê; daardie strome is smal strome.. sowat 100m breed, en wanneer iemand daarin vasgevang word, moet nie probeer word om uit te swem nie (want dan word teen die krag van die stroom geveg) maar iemand wat daarin beland moet eweredig (in lyn) met die strand swem om uit die stroom te swem, waarna terug geswem kan word na die strand (vertel ek as strand-bewoner aan julle). Onthou hierdie asseblief vir jou volgende see-vakansie en deel dit met jou gesin en vriende. Swem eers uit die stroom waarna jy terugswem na die strand.

Yankee ·

Cherokee, as ek kyk na n Vidio weereens hoe n rooi bakkie die see inry, kan ons werklik die seestrome blameer!! Se maar net.

Pastoor ·

Cherokee is 100% ek bly 28 jaar by die see. Float net. Al vat die stroom 300 meter. Hy sal jou terug bring strand. Jy sal voel hyt jou gelos. Teen hom swem. Neewat jy kan nie. Ek het 3 keer probeer teen hom swem. Dit maak jou gou moeg. Bly kalm trap water of float.

Haai kos ·

Ek bly so ver van die see af en het al vergeet hoe hy lyk? maar ek sou se 300m in, is jy dalk al oor die haai nette en word jy sommer haai kos! Dan bly ek eerder op moeder aarde waar ek n kans het om te hardloop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.