Man verdrink by oord

Argieffoto: Unsplash

’n Man, vermoedelik in sy 20’s, het Sondagmiddag in ’n swembad by ’n oord in Middelburg in Mpumalanga verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die man het omstreeks 16:15 met paramedici se aankoms op die toneel langs die swembad gelê.

Verskeie mense, van wie een ’n dokter, het om die man gestaan.

Na wat verneem word, is die man uit die water getrek waarna mond-tot-mond-asemhaling dadelik op hom toegepas is.

Hy het egter geen teken van lewe getoon nie en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rakende die man se verdrinking is nie in dié stadium duidelik nie. Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het vroeër berig ’n seun, vermoedelik 13 jaar oud, het ook Sondagmiddag in ’n openbare swembad verdrink.

Dié voorval het in Meyerton in Gauteng plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae