Man verdrink by Port Edward-strand

Foto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn Man is Saterdag dood nadat hy in die see by Port Edward-strand in KwaZulu-Natal verdrink het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het gaan swem en in die moeilikheid beland. “Lewensredders en vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die man uit die water gehaal en op die strand mond-tot-mond-asemhaling begin toepas,” het Botha gesê.

Hy sê paramedici het by die toneel opgedaag en by die lewensredders oorgeneem en probeer om die man se bewussyn te herwin.

“Ongelukkig was alle pogings vrugteloos en is die man op die toneel dood verklaar.”

Die man se naam en ouderdom is nie bekend gemaak nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.