Man verdrink by Saunders-strand

(Foto: urtrips)

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen ná ʼn 34-jarige man Woensdagaand by Saunders-strand in Bantrybaai verdrink het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, is die Stad Kaapstad se waterreddingsnetwerk om 19:30 ontbied.

“NSRI Bakoven en NSRI Tafelbaai se reddingswemmers, die Kaapstadse brandweer-en‑reddingsdiens, Stad Kaapstad-wetstoepassingsbeamptes, die polisie, die Wes-Kaapse mediese nooddiens (EMS) se reddingspan en ambulanse sowel as die ER24-ambulansdiens het op die noodoproep reageer.

“Met hul aankoms op die toneel is ʼn plaaslike man, vermoedelik 34 jaar oud, in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy het verskeie beserings opgedoen en is deur paramedici behandel.

Lambinon sê ʼn dokter wat toevallig ook op die toneel was, het ingespring en hand bygesit om die man se lewe te probeer red.

“Die man is egter, ondanks verskeie pogings om sy lewe te red, dood verklaar.

“Ons wil graag ons innige meegevoel aan die oorledene se familie, kollegas en vriende betuig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.