Man verdrink by St. Francisbaai

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Argieffoto: Christo Brits

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê ʼn 50-jarige man is Sondagoggend dood nadat ʼn klein bootjie wat ʼn gesin van ses en ʼn yorkshireterriër vervoer het in St. Francisbaai se hawemond omgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê hul span in St. Francisbaai is omstreeks 07:48 van die voorval in kennis gestel.

“Die span het op die toneel opgedaag waar die bootjie, die Blue Dolphin, uitgespoel op die rotse aangetref is. Die Juwana, ʼn private boot, het die oupa, sy seun, kleindogter, kleinseun en die hondjie gered,” het Lambinon gesê.

Volgens Lambinon kon die man en sy vrou dit na die klippe maak waar gemeenskapslede hulle bygestaan en na die hawe gebring het.

Daar is hartmassering op die man gedoen, maar hy is later dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. “Die oorblywende gesinslede is vir skok en snye en skrape behandel en sterk aan.”

Volgens Lambinon het die klein bootjie in die hawe se ingang tot stilstand gekom waar die golwe die boot omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

‘n Man en sy vrou het dit na die klippe gemaak en sy het voort gegaan maar hy nie. Miskien is dit een van die bevestigings vir mense wat sê jou merk is gemaak hoe lank jy op dese aarde sal wees eerdat jy sal verhuis en miskien nie. Of dit spesifiek dien as ‘n bevestiging of nie, wees tog gereed om vorentoe te verhuis met vooraf beplanning.

Dalk ·

Dalk, net dalk, kan voorsorg soos byv. reddingsbaadjies, hou by verkeersreëls jou lewe bietjie langer maak op die aardse planeet?

Frikkie ·

“Dalk” maak nie saak hoeveel voorsorg jy tref nie. As die Here jou tyd bepaal het kan jy dit nie teen staan nie. Soos wat ek verneem het van vriende wat die mense geken het was alles maatreels getref vooraf “ek praat net van wat ek gehoor het”. Ons kan nie bepaal wanneur ons heen gaan nie, buiten as die lewe jou so druk dat jy net nie meer wil of kan aan gaan. Dan steeds was jou tyd reeds bepaal. Ek bid vir die vriende en familie wat agter gebly het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.