Man verdrink by waterval in Graskop

Die Lisbon-waterval in Graskop. (Foto: Mpumalanga Tourism/Twitter)

Toeriste word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle besienswaardighede besoek nadat ’n man op Nuwejaarsdag by die Lisbon-waterval in Graskop, Mpumalanga, verdrink het.

Die 35-jarige man het verdrink nadat hy na bewering gegly en geval het, sê kapt. Gugu Phiri, woordvoerder van die polisie.

Die man se liggaam is Sondag deur die provinsiale polisie se duikeenheid uit die water gebring.

Meer besonderhede rakende die voorval of die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, polisiehoof in Mpumalanga, versoek toeriste om die veiligheidsaanwysings en versperrings by besienswaardighede te gehoorsaam en nie oormatig te drink wanneer hulle toeriste-aantreklikhede besoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SomeOne ·

ek glo dit was deur en deur net ‘n ongeluk,
(dalk met ander omstandighede)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.