Man verdrink by Witsand

Argieffoto (Foto: Witsandview.com)

Argieffoto (Foto: Witsandview.com)

ʼn 33-jarige man het Saterdagmiddag by Witsand, in die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap, verdrink.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 16:00 ontbied na die toneel waar die man in die water by Anchorage-strand verdwyn het, het Theo Erasmus, stasiebevelvoerder van NSRI Witsand, gesê.

“Reddingswemmers is ontplooi nadat die man onder die water verdwyn het toe hy deur ʼn systroom meegesleur is,” het Erasmus gesê. Die NSRI se seereddingsvaartuig, die SAPD, Wes-Kaapse departement van gesondheid se nooddiensspan, ʼn polisie-duikeenheid en ʼn plaaslike dokter het ook reageer op die oproep.

“Die liggaam van die man is gevind en KPR is dadelik toegepas, maar alle pogings om hom by te bring, was tevergeefs. Die dokter het die man op die toneel dood verklaar. Ons innige simpatie aan sy familie,” het Erasmus bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida ·

Jammer om te hoor. Die Gautengers wat see toe gaan moet weet die see vat net en is nie jou speelmaat nie.

G ·

Waar staan dat hy ‘n Gautenger was? Of is dit nou net Gautengers wat verdrink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.