Man verdrink glo in Hartbeespoortdam

Hartbeespoortdam. Foto: www.pbase.com

Hartbeespoortdam. Foto: www.pbase.com

Die soektog na ʼn man wat vermoedelik in die Hartbeespoortdam verdrink het, duur voort.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het twee mans van die Transvaal Seiljagklub Maandag aan ʼn boot op dié dam gewerk. “Terwyl hulle op ʼn diensboot gewag het om hulle op te laai, het een van die mans besluit om terug te swem.”

“Dit lyk asof die man probleme ervaar het terwyl hy probeer terugswem het,” lui die verklaring.

Die soektog na die vermiste man is sedert Maandag deur die NSRI se Hartbeespoortdamtak en polisieduikers gelei. “Die soektog het steeds niks opgelewer nie. Polisieduikers sal Woensdag voortgaan met die soektog,” het die NSRI gesê.

Die gebeure rondom die man se verdwyning word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.