Man verdrink in Albert Falls-dam

Albert Falls-dam (Foto: Toni Fisher, Google Photos – Desember 2014)

ʼn 56-jarige man het in die Albert Falls-dam in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verdrink.

Paramedici en die polisie se soek- en reddingsdiens is Saterdagmiddag na die toneel ontbied toe die man onder die water verdwyn het, het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die soektog het tot vanoggend voortgeduur en sy liggaam is net voor 08:00 gevind. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hom kon doen nie, en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die man was vermoedelik Saterdagmiddag op ʼn klein bootjie toe dit omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.