Man verdrink in dam by landgoed

Die dam waar die man se liggaam gevind is. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik 60 jaar oud, het Sondagmiddag in ʼn dam in ʼn landgoed in Bassonia, suid van Johannesburg, verdrink.

“Paramedici van ER24 het omstreeks 16:00 by die toneel opgedaag. Die polisie was reeds daar. Die man is op die gras langs die dam aangetref. ʼn Veiligheidswag het die man na bewering uit die dam gehaal,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

Die man het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

ʼn Kind is ook na bewering in die dam gevind, maar in ʼn private voertuig deur iemand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem voordat paramedici by die toneel opgedaag het. Die kind se toestand is onbekend.

“Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Albaster ·

Swem in n dam in die middel van winter? Nee daar is vuilspel.

Helen ·

Daar was ook ‘n kind in die dam, moontlikheid bestaan dat die kind in die dam beland het en dat die man ingegaan het om die kind te help, hy het dus nie noodwendig geswem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.