Man verdrink in Durban-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Montclair, Durban, verdrink.

“Die man het langs die swembad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Vrou het glo in die swembad ingespring en hom uitgehaal.”

Die man, in sy 50’s, het geen tekens van lewe getoon nie. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Die betrokke owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê DPJ

Ons vra om verskoning indien die berig verwarring veroorsaak het.
Die verklaring het nie gemeld of vuilspel vermoed nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Uncle Buck ·

Dit is darem snaak hoe die lewe ons al ge-breinspoel het. Daar is so baie negatiewe berigte dat daar dalk ‘n heel natuurlike voorval plaasvind en dadelik soek ons die slang in die gras. Die persoon het dalk ‘n hart-aanval of iets gehad en die oorsaak is heeltemal natuurlik. Baie sterkte aan die famile in hierdie tyd van groot hardseer

Laurika ·

‘n Huishoudelike swembad is gewoonlik die tipe wat nie so diep is dat ‘n grootmens of tot by die kant kan kom, of tot waar hy kan staan nie. Iets is vreemd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.