Man verdrink in Kaapse hawe ná hy van boot af gly

Argieffoto. Foto: Pixabay

ʼn Man het in die Kaapstadse hawe verdrink toe hy op ʼn boot wou klim, gegly het en in die water beland het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Tafelbaai se hoof, Quentin Botha, het gesê hulle is 21:30 Saterdagaand in kennis gestel van die voorval by Colliers Jetty.

Die NSRI se reddingsduikers en boot, Spirit of Day, is uitgestuur, sowel as talle ander nooddienste.

“Daar is bevestig dat ʼn onbekende man, glo ʼn plaaslike inwoner in sy laat twintigs of vroeë dertigs, onder die water verdwyn het toe hy op ’n boot wou klim en gegly het,” het Botha gesê.

Geen teken van die man kon gevind word nie. Polisieduikers, tesame met provinsiale nooddienste se duikers, het gevolglik ʼn soektog gedoen. Die man se liggaam is daarna opgespoor en na die oppervlak gebring.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Volgens Botha sal ʼn geregtelike doodsondersoek deur die polisie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pam ·

So hartseer. Hoekom het hierdie man nie n lewensreddings baadjie aangehad nie ?

Swannie ·

Pam, die man was nog besig om in die boot te klim.
Reddingsbaadjies word in die boot gehou, so hy moet eers in die boot wees om dit aan te trek.

Houtoog ·

Hoofopskrif lees: ” . . . . ná hy van boot af gly”.
Daarna sê die berig: ” . . . toe hy op ‘n boot wou klim en gegly het”.
Dit is nie vir my duidelik waar hy was toe hy gegly het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.