ʼn Man in sy 40’s het Vrydagoggend in die Kliprivier in Meyerton, Gauteng, verdrink.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 12:40 na die rivier ontbied waar die man op die toneel dood verklaar is.
Die man se liggaam is deur die polisie se soek-en-reddingseenheid uit die water gehaal.
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.
Is dit Meyerton of is dit Rothdene?