Man verdrink in Knysna-strandmeer

(Foto: NSRI)

ʼn Man het Woensdag in die Knysna-strandmeer in die Wes-Kaap verdrink.

Grant van Staden, adjunk-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Knysna, het gesê die span is die middag omstreeks 12:00 ontbied. “ʼn Visserman, wat op die treinbrug gestaan het, het gesien iemand het in die water in die moeilikheid beland.”

ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn volwasse man wat in die water verdwyn het. “Die man se vriend het gesê sy vriend het skielik onder die water verdwyn.”

Die NSRI het hul reddingsvaartuie en -swemmers ingespan. Die Wes-Kaapse nooddienste, Knysna-brandweer, SANParke-bewaarders en die SAPD het ook dadelik reageer op die noodroep.

Die polisie se duikeenheid is ook ontbied en die man se liggaam is onder die water gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Van Staden het sy meegevoel betuig met die man se familie en vriende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.