Man verdrink in Kowierivier

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 20-jarige man het Sondag in die Kowierivier in Port Alfred in die Oos-Kaap verdrink.

Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Alfred, het gesê die man het saam met vriende in die rivier geswem toe hy in die moeilikheid beland het. “’n Man het in die rivier gespring in ʼn poging om die slagoffer te red maar dit was te laat aangesien die slagoffer reeds onder die water verdwyn het.”

ʼn Soektog is van stapel gestuur en die man se liggaam is deur die polisie se honde-eenheid uit die water verwyder. “Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar en sy liggaam is deur die forensiese patologiedienste verwyder,” het Pretorius gesê.

ʼn Geregtelike doodondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.