Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Alfred, het gesê die man het saam met vriende in die rivier geswem toe hy in die moeilikheid beland het. “’n Man het in die rivier gespring in ʼn poging om die slagoffer te red maar dit was te laat aangesien die slagoffer reeds onder die water verdwyn het.”
ʼn Soektog is van stapel gestuur en die man se liggaam is deur die polisie se honde-eenheid uit die water verwyder. “Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar en sy liggaam is deur die forensiese patologiedienste verwyder,” het Pretorius gesê.
ʼn Geregtelike doodondersoek is geopen.