Man verdrink in Krugersdorp

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s het Sondag in ʼn watergat in Winsorweg in Krugersdorp, Gauteng verdrink.

“Dit is nog nie duidelik waarom die man verdrink het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die polisie stel ondersoek in.”

Die man het reeds in die water gedryf toe paramedici en die brandweer by die toneel opgedaag het. Brandbestryders van Krugersdorp het die man se liggaam uit die water gehaal. Paramedici het hom ondersoek en hom op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jimmy Grundlingh ·

“Dit is nog nie duidelik waarom die man verdrink het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “. Ek skat dit is omdat hy water ingeasem het Chris?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.