Man verdrink in meer

Argieffoto

Argieffoto

Polisieduikers en paramedici is steeds op die toneel by die La Mercy strandmeer aan die KwaZulu-Natalse noordkus, waar ʼn man vroeër Vrydagmiddag verdrink het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê paramedici is omstreeks 14:00 na die toneel ontbied. Volgens ooggetuies het ʼn man in sy laat 40s in die strandmeer gaan swem, toe hy skielik onder die water verdwyn het.

“Ons het vasgestel die man het tot op die bodem van die meer gesink,” het Botha gesê. “Die polisie se soek-en-reddingspan is ontbied en hulle is tans besig om die man uit die strandmeer te haal. Die duikoperasie is steeds aan die gang en ons sal meer inligting kan gee sodra die man uit die water gehaal is.”

Dit is nie bekend of die man ʼn inwoner van die gebied of ʼn vakansieganger was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

colett ·

ai ai dis sooo sad ekt my boetie vandag 18jaar terug verloor op die selfde manier dis so sad my innige simpatie aan al sy geliefdes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.