ʼn 24-jarige man het Saterdagmiddag in die Midmardam in Pietermaritzburg verdrink.
Paramedici en die polisie se soek- en reddingspan het kort ná 15:00 by die toneel opgedaag. “Omstanders op die toneel het aan nooddienswerkers gesê hulle wou ʼn kano uit die dam haal toe hulle sien een van hulle vriende word vermis,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.
Polisieduikers het die man se liggaam in die dam gevind. “Daar was ongelukkig niks wat paramedici verder vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Alle medelye en sterkte aan die familie vir hul groot verlies.