Man verdrink in oord se swembad

Argieffoto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Sondag in ʼn swembad by ʼn oord in Ladybrand in die Vrystaat verdrink.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het teen 12:17 by die oord opgedaag, waarna die brandweer se soek-en-reddingspan ontbied is.

“Die duikers is ontbied om na die man se liggaam te soek. Hulle het hom vinnig opgespoor en uit die water gehaal,” het Van Huyssteen gesê.

“Paramedici het daarna die man ondersoek. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
WonderNet

Hoe groot is die oord se swembad dat hulle duikers moes ontbied om na die man te soek?

WonderNet

Hoe groot is die oord se swembad dat hulle duikers moes ontbied om die man te soek? Hulle kon sekere van die rand af die man al sien lê?

Ekke

Nee hoor, ‘n soekspan vir iemand wat in ‘n swembad verdrink… Rerig julle ???? Gn wonder hulle het hom ” vinnig opgespoor”…..

Chivago

Of hoe vuil is die water as duikers moet soek na ‘n person?

DUIKER

EKSKUUS? Duikers by ‘n swembad by ‘n oord? Wat se swembad was daardie? Sonder om nou snaaks te wees is iets hier damn fishy. Ek was nog nooit by ‘n oord dat die swembad so diep en donker was dat duikers iemand op die bodem moes gaan soek nie. As dit ‘n natuurlike swempoel is dan verstaan ek maar dan noem jy dit nie ‘n swembad nie. Ek sien al hoe meer dat mense by oorde hullself tot die swembad se diepkant wend terwyl hulle NIE kan swem nie .. my seun het al ‘n makker uitgehaal wat probeer hondjieslag… Lees meer »