Man verdrink in oord se swembad

Argieffoto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Sondag in ʼn swembad by ʼn oord in Ladybrand in die Vrystaat verdrink.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het teen 12:17 by die oord opgedaag, waarna die brandweer se soek-en-reddingspan ontbied is.

“Die duikers is ontbied om na die man se liggaam te soek. Hulle het hom vinnig opgespoor en uit die water gehaal,” het Van Huyssteen gesê.

“Paramedici het daarna die man ondersoek. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

WonderNet ·

Hoe groot is die oord se swembad dat hulle duikers moes ontbied om na die man te soek?

Willem ·

Ek wonder ook! Of was die swembad so vuil dat hulle hom moes uit duik?

WonderNet ·

Hoe groot is die oord se swembad dat hulle duikers moes ontbied om die man te soek? Hulle kon sekere van die rand af die man al sien lê?

Ekke ·

Nee hoor, ‘n soekspan vir iemand wat in ‘n swembad verdrink… Rerig julle ???? Gn wonder hulle het hom ” vinnig opgespoor”…..

Chivago ·

Of hoe vuil is die water as duikers moet soek na ‘n person?

Amanda ·

ek het in Ladybrand gebly, en daai swembad is BAIE diep in die middle. Daar is duikplanke wat ook hoog is, so dit seker maar die rede. Ek weet jy kannie afswem om aan die bodem te raak nie….so diep is dit.

DUIKER ·

EKSKUUS? Duikers by ‘n swembad by ‘n oord? Wat se swembad was daardie? Sonder om nou snaaks te wees is iets hier damn fishy. Ek was nog nooit by ‘n oord dat die swembad so diep en donker was dat duikers iemand op die bodem moes gaan soek nie. As dit ‘n natuurlike swempoel is dan verstaan ek maar dan noem jy dit nie ‘n swembad nie. Ek sien al hoe meer dat mense by oorde hullself tot die swembad se diepkant wend terwyl hulle NIE kan swem nie .. my seun het al ‘n makker uitgehaal wat probeer hondjieslag daar swem, maar duidelik nie reggekom het nie. En ja dit was ‘n volwasse man,en my kind was ‘n Hoërskoolseun wat hom gered het. As hy alleen in die swembad was, het hy verdrink. Sit dalk net’n duidelike bord op wat se DIEPKANT, as u nie kan swem nie, MOENIE dit hier waag nie. Baie tragies, maar VOORKOMBAAR!

Leana ·

Ons was laas Desember by die oord gewees en toe het ‘n kind verdrink. Hul moes die kind ook uitduik na Kersdag toe hul haar begin soek het …

Rachel ·

Jong ek was daar die swembad is 6m diep. Die water in die gat is dof. Ons manne het probeer duik maar dit is net te diep. Kom nie by hom uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.