Man verdrink in openbare swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s het in ʼn openbare swembad in Umlazi in KwaZulu-Natal verdrink.

“Die man, wat glo ʼn goeie swemmer was, was besig om ʼn lengte te swem toe hy skielik na die bodem van die swembad gesink het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Lewensredders het die man uit die water gehaal en met KPR begin. Paramedici het ook tevergeefs gespook om die man by te bring.

Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.