ʼn Man het Vrydagmiddag in ʼn plaasdam naby Port Alfred in die Oos-Kaap verdrink.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê sy bemanningslede is omstreeks 15:00 na die plaas, oos van Port Alfred, ontbied. Juan Pretorius, die plaaslike stasiebevelvoerder van die NSRI, het gesê die SAPD, Multi Sekuriteitsdienste, die provinsiale nooddienste en Gardmed-ambulansdienste het ook na die toneel gehaas.
“Met ons aankoms op die toneel het reddingswemmers dadelik die dam begin deursoek. Ooggetuies het gesien hoe die man, in sy 30’s, onder die water verdwyn,” het Pretorius gesê. Die man was glo ʼn werker op die plaas.
“Die reddingswemmers het die liggaam van die man gevind en hom uit die water gehaal. Paramedici het probeer om hom by te bring, maar nadat hulle alles moontlik gedoen het, is hy ongelukkig dood verklaar,” het Pretorius gesê. “Ons betuig ons innige medelye met sy familie en die plattelandse gemeenskap.”
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Ai so droog in die kaap hy was seker dors
Hoe het dit gebeur? Was dit n ongeluk? Die berig sê nie veel nie, sterkte aan die naby hom
En die ooggetuies sien hoe hy in die water val en doen niks?