ʼn Man het Saterdag in die Goukourivier verdrink toe hy deur ʼn riviermond by Stilbaai aan die Kaapse Suidkus probeer swem het.
Volgens ʼn verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die polisie NSRI-duikers en lewensredders van die Stilbaai-omgewing na die toneel ontbied.
George Sabbagha, adjunk-stasiekommissaris van die NSRI in dié distrik, sê die man, glo 39 jaar oud, was op ʼn “kerkuitstappie” ten tyde van die voorval.
“Lewensredders het die man na die kuslyn gebring en toe kardiopulmonêre resussitasie toegepas,” sê Sabbagha.
Hy sê die NSRI se nooddienspanne het later die resussitasie oorgeneem, maar was nie suksesvol nie. Die man is op die toneel dood verklaar.
Sabbagha het bevestig die polisie ondersoek die voorval.
Die rivier se naam is Goukou; nie Gouka nie.
Dagsê Oom Koos
Dankie vir jou valkoog! Jy is in die kol – die berig is reeds gewysig. Ons vra om verskoning vir die oorsig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media