Man verdrink in see aan Noordkus

‘n Man verdrink aan die Noordkus. (Foto: Verskaf)

ʼn Man het Vrydag verdrink terwyl hy in die see aan die KwaZulu-Natalse Noordkus geswem het.

Volgens paramedici van Netcare 911 het vier volwasse mans glo in die moeilikheid beland terwyl hulle in die see by Tinley Manor-strand geswem het. “Netcare 911 het ʼn oproep gekry oor ʼn massaverdrinking by Tinley Manor-strand en het dadelik na die toneel gehaas. Volgens inligting van mense op die toneel het vier mans gesukkel om uit te swem. Drie van hulle kon deur lewensredders uit die see gered word. Die vierde man het egter onder die water verdwyn,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.

Herbst sê die pasiënt is ook later deur lewensredders uit die water gehaal. “Lewensredders het besef die man is bewusteloos en het opgehou asemhaal. Hulle het toe kardiopulmonêre resussitasie toegepas.

“Toe medici op die toneel aankom, het hulle ook alles in hul vermoë gedoen om die pasiënt by te bring. Ongelukkig is hy op die toneel dood verklaar,” sê Herbst.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.