Man verdrink in see by Morgansbaai

Morgansbaai Foto: CraigvE, TripAdvisor

ʼn Man het Sondag in die see by Morgansbaai, noord van Oos-Londen, verdrink.

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het gesê hulle is omstreeks 12:50 Sondag in kennis gestel van ʼn verdrinking wat besig was om plaas te vind.

Geoff McGregor, die NSRI se bevelvoerder in Oos-Londen, het gesê Richard Warren Smith, die eienaar van die Morgansbaai-hotel, het die slagoffer met sy gesig na onder sowat 100 m van die kuslyn af in die see sien dryf.

Hy het sy waterponie gebruik om die 39-jarige man na die kus te bring waar daar kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas is.

McGregor het gesê ʼn helikopter van die Oos-Kaapse nooddienste het geland en was gereed om die man na ʼn hospitaal te vervoer, maar hy is op die toneel oorlede ná alle pogings om hom by te bring misluk het.

McGregor het Smith vir sy optrede geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans ·

Ia togigie. Daar is net nie meer woorde nie. Sterkte aan die oorblywendes.
Wat gaan AAN?????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.