Man verdrink in see by Mosselbaai

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 49-jarige man het Woensdagoggend by die Dias-strand in Mosselbaai in die see verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man en sy 15-jarige seun het in die see geswem toe hulle deur seestrome meegesleur is. “Lewensredders het gesien wat gebeur en kon daarin slaag om met die twee uit te swem na die strand toe,” het hy gesê.

Volgens Lambinon het die lewensredders mond-tot-mond-asemhaling op die pa toegepas, maar ten spyte van hul pogings is hy op die toneel dood verklaar.

Verskeie groepe het die lewensredders met die reddingspoging gehelp, onder meer die NSRI, Wes-Kaapse-nooddienspersoneel en ER24-paramedici.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.