Man verdrink in see

Paramedici op die toneel. Foto: Crisis Medical.

Paramedici op die toneel. Foto: Crisis Medical.

ʼn Man, in sy 30’s, is dood nadat hy in die see by Virginia-strand, noord van uShaka Marine World in Durban, verdrink het.

Neil Powell, direkteur en woordvoerder van Crisis Medical, het gesê paramedici is omstreeks 17:50 na die strand ontbied.

“Volgens ooggetuies het die man van die pier af in die rowwe see ingespring. Lewensredders op die strand het die man in die water opgemerk, na hom uitgeswem en hom na die strand gebring,” het Powell gesê.

Paramedici van Crisis Medical en Netcare 911 het hom dadelik ondersoek. “Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daisy ·

Shoe. Ons was in Oktober by die pier toe daar twee mans verdrink het. Vroeër daardie week het iemand anders ook verdrink en 3 dae nadat ons daar was het nog ‘n persoon verdrink. Dit is baie gevaarlik daar want daar is geen verspering voor op die pier om mense te keer nie.

Alida ·

Die see vra nie wie jy is of waar jy vandaan kom nie. Respekteer hom te alle tye. Selfde geld vir wilde diere respekteer hulle, hulle is WILD en sal jou doodmaak as jy hulle gebied betree. Daar is nie soiets soos ‘n mak leeu nie, en hy gaan nie met jou “speel”. Hulle is nie troeteldiere nie onthou dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.