Man verdrink in Silwermyndam

Die Silwermyndam in die Tafelberg Nasionale Park. (Foto: Table Mountain Trailers/Facebook)

Die Silwermyndam in die Tafelberg Nasionale Park is Saterdag tydelik gesluit nadat ’n jong man daar verdrink het.

Frans van Rooyen, parkbestuurder, sê die liggaam van ’n 26-jarige man is Saterdagmiddag deur die polisie se duik-eenheid uit die water gebring nadat hy die oggend verdrink het.

Die omstandighede rakende die verdrinking is nie in dié stadium bekend nie.

Volgens Van Rooyen is die man intussen deur sy familie geïdentifiseer.

“Ons wil graag ons innige meegevoel met die familie gedurende hierdie moeilike tyd betuig.”

Van Rooyen het ook namens die park sy dank uitgespreek teenoor die nooddienste wat op die toneel reageer het.

Maroela Media het ’n navraag aan die Wes-Kaapse polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

‘n Baie hartseer storie. Innige meegevoel met die naasbestaandes.

Excalibur ·

Betreurend!! RIV en mag ons Hemelse Vader jul deur hierdie tyd van hartseer, vrae, kwaad en verwyt dra om heel anderkant uit te kom. ‘n BAIE BAIE BELANGRIKE wenk komende van ‘n oud strand menseredder: “Met enige watersport of algemene ontspanning wat met water te doen het; selfs tuis met ‘n opblaas of permanente swembad/plaasdamdam…MOET NOOIT ALLEEN GAAN DUIK/SWEM/VISVANG of VISJAG/Mossels & skulpvis gaan uithaal nie & moet NOOIT babas/peuters/kinders alleen laat in ‘n bad nie; wees teenwoordig en hou ALTYD toesig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.