Man verdrink in swembad in Springs

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man het Donderdagmiddag by ʼn huis in Springs, Gauteng, verdrink.

“Die man en sy vriende het in ʼn swembad by die huis gespeel toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum was reeds besig met KPR toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Paramedici het by hulle oorgeneem, maar kon nie enige teken van lewe kry nie. Die man is op die toneel dood verklaar,” het Mathe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anton ·

Hoe raak n mens in die moelikheid by n huis swembad en saam met vriende?

alida ·

Liewe hemel hy is 20 en kan nie homself help in ‘n swembad nie. Ek stem saam met ig. iets is nie lekker nie.

SNEL ·

Klink asof hy meer saam met vyande as met vriende by daai swembad was, wens mens kon hulle kant van die storie gehoor het, want hoe de hoenders verdrink iemand van 20 jaar in n klein normale swembad by n huis en dit saam met ander mense.

DPJ ·

Vrae sal al altyd daar wees en die wat weet sal nooit daaroor praat nie. Hulle sal egter met hul gewete asaam moet lewe.

Riekie ·

Laat ons nie klippe gooi nie. Het die Jong man nie dalk n hartaanval of epilepsieaanval gekry n as gevolg daarvan verdrink nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.