Man verdrink in Umhlanga-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, in sy 30’s, het Dinsdagmiddag in ʼn swembad in Umhlanga, KwaZulu-Natal, verdrink.

“Familielede het die man glo in die swembad sien dryf en hulle het hom uitgehaal,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die familie het reeds met KPR begin toe die paramedici by die toneel opgedaag het.”

Alle pogings om die man by te bring was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.