ʼn 28-jarige man van Sasolburg in die Vrystaat het Dinsdag in die Vaaldam verdrink.
Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man was glo op ʼn kano aan’t visvang, sowat 100 m van die damwal af, toe hy ingeval en onder die water verdwyn het.
Lambinon sê vriende van die man, wat glo langs die water gestaan en kyk het, het die nooddienste ontbied.
Hy sê die NSRI se lewensredders kon nie daarin slaag om die man onder die water op te spoor nie, en het die polisie se duikeenheid ontbied. Die man se liggaam is ná etlike probeerslae onder die water uitgehaal.
ʼn Nadoodse ondersoek moet nog afgehandel word. Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur.
Tragies, het hy ‘n reddings baadjie aangehad? Sasolburg in Mpumalanga?
Dagsê Willie
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Ja hy het n reddingbaadjie aangehad..toe die boot omslaan het hy probeer uit swem en in die proses die baadjie uitgetrek..al het hul van die kant geskree hy moenie. RIV Seiso..jy sal baie gemis word
Dis so tragies . . . sterkte aan almal