Man verdrink in Vaalrivier

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man het Saterdagmiddag in die Vaalrivier in Gauteng verdrink.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die 25-jarige man was vermoedelik ʼn vakansieganger by ʼn woonwapark in Vanderbijlpark. Hy het die middag in die Vaalrivier gaan swem en in die moeilikheid beland.

“Die man was vir meer as ʼn uur onder water,” het hy gesê. “Polisieduikers het die man uit die water gehaal en paramedici was byderhand om dadelik noodbehandeling toe te pas. Ongelukkig het die man reeds verdrink en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Rossouw word die omstandighede rondom die man se dood ondersoek.

“Ons wil ʼn beroep op die publiek doen om waterveilig te wees gedurende die vakansie. Moet nooit ʼn kind alleen naby ʼn swembad of ander watermassa toelaat nie en moenie swem terwyl jy onder die invloed van alkohol is nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Ek stem saam vir maroela propvol nuus en gebeure julle is puik hou so aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.