Man verdrink ná hy in sleurstroom beland

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Vrydagaand in die see by Oos-Londen verdrink nadat hy in ’n sleurstroom beland het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die provinsiale nooddienste en brandweerdienste, die polisie en die polisie se K9-soek-en-reddingseenheid is omstreeks 19:30 na Eastern Beach ontbied.

“Met hul aankoms het hulle gesien hoe ʼn lewensredder wat nie meer aan diens was nie, ʼn 35-jarige man uit die see trek wat in sleurstrome vasgevang vas,” het Lambinon gesê. “Paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en alles in hul vermoë gedoen om die man te red, maar kon nie daarin slaag om hom weer by te bring nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Lambinon het die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek begin en die man se liggaam is deur lede van die departement van gesondheid se forensiesepatologie-dienste weggeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Ek is bly Maroela media kan vir ons die nuutste nuus deur voer. Ek hou daar van om die nuus te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.