Man verdrink na hy kinders red

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Man het in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink nadat hy glo ʼn groep kinders wat in die moeilikheid beland het uit die water gered het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die voorval het by Smelly Creek plaasgevind. “Met ons aankoms op die toneel is daar vasgestel dat ʼn man die water binnegegaan het om ʼn groep kinders te help wat in die moeilikheid beland het.”

Volgens ooggetuies kon die man daarin slaag om talle kinders uit die water te red voor hy self in die moeilikheid beland het en onder die water verdwyn het. Die man is uit die water gehaal waarna mond-tot-mond-asemhaling toegepas is. “Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snel ·

Hierdie is n held!!! Dis jammer mens lees een keer van hulle en dis verby. Sulke mense se familie moet n toekenning kry van dapperheid, sy naam moet opgeskryf word in die heldeboeke saam met Racheltjie de Beer en Wolraad Woltemade, die man het sy lewe opgeoffer vir ander. Dapper dapper man, so baie kyk en help nie, mag hy onthou word. Sterkte aan die familie, dis jammer dat hy sy lewe verloor het om ander te red, julle het n yster van n man hier verloor, mag hy onthou word deur almal.

Mariana Visagie ·

Stem saam, hy is ñ held! Sou net graag sy naam wou weet!

Nella ·

Sy naam is Antonio Banderas. Nie enige een sal sy lewe opoffer vir ander nie….

Nella ·

’n Baaise man het verdrink – en as ’n held gesterf – nadat hy drie kinders uit die see gered het. Dié man wat deur sy vriende net as Antonio Banderas (32) bekend is, het Donderdagmiddag op ’n noodkreet van drie kinders in die see by New Brighton-strand gereageer.

Dit is die inligting van Nuus24 af

Bleskop ·

Hi Nella,

Ek vra groot onverskoning, het nie geweet en nog nie die berig op Nuus 24 gesien / gelees nie, sy naam word daar genoem, jy is reg.

Jammer

Charlene ·

Dis so `n tragdie, maar `n held was hy verseker. Beter as die meeste van ons mensdom wat net sal toe kyk en wag vir iemand anders om te help!
Snel beter on iemand anders dit nie gestel het nie dis mooi troos woorde.

Bleskop ·

Werklik ‘n man duisend.
Offer sy lewe op vir kinders wat tien teen een van geen kant af geken het nie.
Sterkte aan die familie, mag sy helde daad die pyn bietjie verdof, dit sit nie in elke person se broek om so iets te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.