Man verdrink terwyl hy doop

Die polisie op die toneel foto: SAPD

Die Limpopo-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn middeljarige man Sondagmiddag in ʼn klein dam buite Polokwane (Pietersburg) verdrink het.

Lt.kol. Moatshé Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het in ʼn dam by die Bloedrivier-nedersetting in Seshego plaasgevind.

“Die man was deel van ʼn kerkgroep en het na bewering verdrink terwyl hy medekerklede in die dam gedoop het,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is in kennis gestel en het vinnig gereageer. Die man se liggaam is deur lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid opgespoor en uit die water gehaal.

Die man is omstreeks 10:00 deur paramedici van ER24 op die toneel dood verklaar.

“ʼn Omstander het verduidelik dat die man onder die water verdwyn het en dat niemand hom kon kry nie, waarna die polisie ontbied is,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

Die polisie ondersoek die presiese omstandighede rakende die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oop oge ·

Omdat die Woord van God nie n gebou as n kerk reken nie, maar eerder n groep (2 of meer) mense wat in Sy Naam vergader – ongeag die plek…gebou of te nie.
Genoeg water vir doop (onderdompeling) is belangrik, daarom is n dam of rivier van pas.

MissDemeanor ·

Jy bedoel n gebou? Jesus het gese dat daar waar 4 of meer mense in sy naam vergader, daar is ‘n kerk. So dis noe nodig om neerhalend te wees nie. Die mense is jou mede Christine. Jou broers en susters in die kerk van die Here Jesus Christus die almagtigge verlosser.

Thea ·

Met alle respek Alida n gebou kry jou nie id hemel nie, dis hoe sommige mense dit doen sy bedoeling was goed.
Rip prediker

Hoekom ·

Dié dam, en selfs die Vaaldam word gebruik en glo ek dat dit gebruik moet word en dus is ‘n kerk té klein.

Koos ·

Zoom zoom…die dood gaan jou ook nie in die hemel bring nie…die enigste manier is om te glo dat Jesus vir jou sondes gesterf het en jy Hom aanvaar as jou verlosser!,

christa ·

hoe op dees aarde wil hy iemand doop in ‘n rivier as hy nie eers kan swem nie. Daarom sal ‘n doopbad meer geskik gewees het.

smurfie ·

Ek dink Alida bedoel goed. Dis waar, n gebou is nie alles nie. Maar dit sou defnitief veiliger gewees het. Veral as iemand nie kan swem nie. Kan die persoon makliker in n doopbad vind as hy nie opkom nie

Johan ·

Die arme man het waarskynlik iets soos ‘n hartaanval, beroerte of selfs ‘n erge kramp gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.