Man verdrink toe boot omslaan

(Argieffoto: NSRI)

Vier mans is vir hipotermie behandel en ʼn vyfde het gesterf nadat ʼn boot die afgelope naweek by Soetwater, in die Kommetjie-omgewing, omgeslaan het.

Johnathan Bakker, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Kommetjie-basis, sê hulle is ontbied ná berigte dat ʼn boot met die vyf vissermanne aan boord Saterdag kort na 12:00 omgeslaan het.

Hulle het die boot onderstebo in die water aangetref.

Ten spyte van pogings om die man met kunsmatige asemhaling by te bring, het paramedici hom op die toneel dood verklaar.

Lede van die NSRI het die boot herwin.

“Die liggaam van die oorlede man is aan die Wes-Kaapse patologiediens oorhandig en die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” sê Bakker.

Die NSRI het sy medelye met die slagoffer se naasbestaandes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Samuel ·

Dit is so jammer. Die see is ongelukkig nie ons speelmaat nie. Sterkte en vrede vir die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.