ʼn 29-jarige man het Woensdag in die see by die Wolfgat-natuurreservaat in Valsbaai verdrink toe hy ʼn gestremde meisie probeer red het.
Vaughn Seconds, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Strandfontein, het gesê hulle is omstreeks 16:34 ingelig oor lewensredders wat besig is om noodbehandeling op drie mense op die strand in die natuurreservaat toe te pas.
Die NSRI, paramedici van die provinsiale nooddiens, wetstoepassingsbeamptes en lede van die polisie is na die toneel ontbied.
Volgens Seconds is ʼn 29-jarige man ondanks uitgebreide pogings om hom by te bring op die toneel dood verklaar. ʼn Dertienjarige gestremde meisie en ʼn man in sy 30’s is na nabygeleë hospitale gehaas in ʼn ernstige maar stabiele toestand.
Seconds het gesê die tienermeisie het glo geswem toe sy in die moeilikheid beland het. Die 29-jarige man het glo tot die meisie se redding probeer kom maar self in die moeilikheid beland. Die man in sy 30’s het hierna glo ook probeer help en in die moeilikheid beland. Nog ʼn onbekende man het toe glo in die see gegaan en tot hul redding gekom.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die NRSI het sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledene.
Here, asb gaan met die stukkende families, baie sterkte dis
baie hartseer en ‘n verskriklike tragedie.
RIV held!
Waardige held het heengegaan. Sterkte aan die wat agterbly.
Jy het as held gesterf as ek kon dit nou wys sou ek jou saluut het jong man.Met sy ouers en famielie God julle vertroos in die swaar tyd
Wat soek n gestremde persoon in die see? Sy het geen besigheid gehad om daar te wees nie. Sy en wie ook al haar toegelaat het om daar te swem, is verantwoordelik vir n baie brawe persoon se dood.