Man verdrink toe hy vrou te hulp wou snel

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Pixabay.com.

’n Man van Eersterivier in die Wes-Kaap het Saterdagmiddag in ’n rivier naby Kleinmond verdrink toe hy ’n vrou te hulp wou snel wat in die water in die moeilikheid beland het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê NSRI Kleinmond en ander nooddienste is kort ná 16:00 na ’n strand teenaan die Palmietrivier naby Kleinmond ontbied.

Lewensredders het in dié stadium reeds die 27-jarige man uit die water gebring.

Die man het glo in die water gespring om die vrou in die water te hulp te snel. Die vrou kon daarin slaag om na ’n klip te gryp en aan die klip te klou totdat sy uit die water gebring kon word. Sy is nie in die voorval beseer nie.

Volgens Lambinon is noodhulp op die man toegepas. Die man is egter ten spyte van paramedici se pogings op die toneel dood verklaar.

Die polisie is vanmiddag na die toneel ontbied. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.