Man verdrink toe vlot omslaan

Polisieduikers op die toneel. Foto: Verskaf

Die liggaam van ʼn 29-jarige man is Vrydag sowat 6 m onder die water gevind nadat hy in die Bridle Drift-dam buite Oos-Londen in die Oos-Kaap verdrink het.

Ao. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, het gesê die man en twee vriende is Donderdag na die dam om vis te gaan vang.

“Die man het ʼn selfgemaakte vlot gehad en is in die dam in om vis uit ʼn net te gaan haal toe die vlot omgeslaan het. Die man kon nie swem nie en het onder die water verdwyn,” het Mqala gesê.

Duikers van die Oos-Londen-polisie en die K9-soek-en-reddingseenheid is na die toneel ontbied waar hulle na die man gesoek het.

“Donderdag se soektog het niks opgelewer nie. Die spanne het Vrydag die soektog by ʼn ander gedeelte van die dam hervat. Ná 40 minute se soektog onder die water, is die man se liggaam teen ʼn diepte van sowat 6 m gevind en na die oppervlak gebring.”

Die oorledene se familie en die gemeenskap het die polisie geloof vir die goeie werk wat hulle gedoen het om die man se liggaam uit die diep water te kry.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wettig? ·

‘Vang met nette’, wettig? Dieselfde probleem by ander damme soos byv. die Vaaldam.

Jef ·

Ek neem aan dat mens enige voorsorgmaatreels neem as jy nie kan swem nie en tog met n selfgemaakte vlot die water ingaan.
Die dra van n reddingsbaadjie sou die man se lewe gered het.

marous ·

As hy met ‘n stok en ‘n hoek visgevang het sou hy nog kon eet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.